Die Oog aftree-landgoed weer op Kyknet Ontbytsake

Indien jy die Ontbytsake-program vanoggend op op  KykNET, DStv Kanaal 111, misgeloop het, die episode word ook herhaal op Maandag- , Woensdag – en Vrydagoggend vanaf 6:00 tot 7:30.

Die Oog Aftree-landgoed het ‘n insetsel op die program wat fokus op aftrede met ateljeegas Prof. Syd Eckley, kenner van aftrede en voorsitter van die Beheerliggaam van Die Oog aftree oord.

Posted in Upcoming events | Tagged , , , | Leave a comment

Die Oog op Kyknet se Ontbytsake

Die Oog Aftree-Landgoed is op Kyknet se Ontbytsake-program op Saterdag 10 Maart 2012 om 7h30. Dit is op DSTV kanaal 111. Die program fokus op aftrede en die ateljeegas is Prof. Syd Eckly, voorsitter van Die Oog se Beheerliggaam.

Kyk uit vir Die Oog Aftree-landgoed se insetsel oor aftree by Die Oog. Dit het 3 ure se opnames geverg om ‘n 1-minuut insetsel te vervaardig!

Die Oog is ‘n unieke aftree oord en dit is die beste alternatief vir enigeen wat op die uitkyk is vir ‘n aftree oord waar jy in die natuur met ruimte, skoon lug en rustigheid kan woon.

Kliek op hierdie skakel om meer te lees oor Die Oog Aftree-landgoed.

Posted in Upcoming events | Leave a comment

Program vir die Halfpad-daar Karnaval

Die volledige program en inligting is beskikbaar op www.dieoogaftree.co.za. Kliek op die skakel om dit te lees.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Die Oog hou Halfpad-daar Karnaval

Oor die naweek van 24-26 Februarie 2012 hou Die Oog Aftree-landgoed die Halfpad-daar Karnaval om die vordering op die landgoed te vier en vooruit te kyk na wat nog kom. Die Karnaval is die breinkind van die huidige eienaars, wat graag aan ander wil wys waarom hulle gekies het om by Die Oog te kom aftree.

In die afgelope 3 jaar sedert Die Oog begin omskep is in ‘n aftree-landgoed, is meer as 300 huise op Die Oog verkoop, ‘n gemeenskap van amper 500 mense word gevestig en die landgoed is besig om sy doelwit te bereik om as ‘n ikoon in die aftree-behuisingsmark in Suid-Afrika uit te staan.

Saterdagoggend tussen 10:00 en 12:00 word daar ‘n inligtingsessie aangebied in die saal waar gekyk word na die geskiedenis van Die Oog sedert 1903 en wat gebeur het van toe af tot vandag. Daar gaan ook ‘n vooruitskouing wees van die beplanning vir die volgende 3 jaar.

Belangstellendes sal alle inligting oor die behuisingsopsies op Die Oog eerstehands kan bekom en die geleentheid kry om met bestaande huiseienaars en inwoners, die Trustees van die Beheerliggaam, asook die bemarkingspan en die ontwikkelaars te gesels.

Vrydagaand is daar ‘n kenmekaar bring-en-braai en Saterdag na die inligtingsessie is daar allerhande aktiwiteite om na uit te sien. Laatmiddag hou ons skaapbraai en sluit die aand af met ‘n Valentynsdans.

Indien u die Karnaval wil bywoon, kontak gerus vir Alta Lewis by 014 743 4600 of skakel een van die bemarkingsagente – die inligting is onder “Kontak ons” op die webwerf www.dieoogaftree.co.za.

Posted in Special offers, Upcoming events | Leave a comment

Die Oog se volledige vakansie-program

Kom sluit by ons aan vir hope pret:

Posted in Special offers, Upcoming events | Leave a comment