Akkommodasie

Die Oog bied verskillende tipes akkommodasie – chalets, cabanas, karavaanstaanplekke, kampeerplekke en ‘n Safarikamp.

CHALETS & CABANAS

Die Oog bied standaard en opgegradeerde chalets, asook luukse Cabanas.

Die standaard chalets het 4 – 6 beddens in ‘n grasdak-eenheid met ‘n oopplan kombuisarea en enkel badkamer. Elke eenheid is toegerus met ‘n yskas, 2-plaat stoof en mikrogolfoond. Kook- en eetgerei word voorsien. Die beddens het linne, maar geen handoeke,waslappe of swemhandoeke is ingesluit nie. Verskillende tipe braaigeriewe is by die verskillende eenhede beskikbaar.

Die opgegradeerde chalets bied meer spasie, die badkamers is toegerus met storte en die leefareas is groter as die standaard chalets.

Die Cabanas is nuwe 2-slaapkamerhuise met 2 badkamers, groot leefareas, onderdak stoepe met ‘n ingeboude braai en ‘n moderne kombuis.

Alle selfsorgeenhede bied die volgende:

  • Diens: Die eenhede word daagliks gedien tussen 9:00 en 15:00 weekdae en 09:00 tot 12:00 oor naweke. Dit behels die skoonmaak van die vloere en badkamers. Indien jy verkies dat die eenheid nie gediens word nie, hang die “Geen diens”-teken buite die deur aan die handvatsel.
  • TV: Elke eenheid is toegerus met ‘n TV en DSTV-skottel met die kommersiële kanale: M-Net; MM1 & MM2; KykNet; Discovery; SABC1,2,3; ETV; Sport 1-8; Disney.
  • Aantal gaste: Die aantal gaste is beperk tot die aantal beddens in ‘n eenheid. Babas mag in ‘n “camping cot” slaap.
  • Inhoud:
    • Beddegoed: Dubbelbed, kussings en linne, enkelbeddens, kussings en linne;
    • Ander: Tafel en stoele, yskas, 2-plaat stofie, elektriese ketel, kleur TV, besem, asblik.
    • Kombuis: Slaaibak, Rasper, Messegoed-laai, Sout/peper stel, borde, poedingbakkies, diepborde, kleinbordjies, messegoed, broodmes, skottelgoedrak, klitser, vergietes, maatbeker, ysbakkie, waterbottel, braaipan, groot souspan, klien souspanne, eierspaan, koppies, pierings, asbakkie, koeldrankglase, wynglase, teepot, broodbord, blikoopmaker.

KARAVAANSTAANPLEKKE EN KAMPEERPLEKKE

Die oord het ‘n lieflike karavaanpark met 77 standaard kampeerplekke met elektrisiteit en koeltebome en voldoende ablusiegeriewe. Bring asb. jou eie blou “male” elektriese prop.

Vir diegene wat meer privaatheid verkies, is daar 12 luukse karavaanstaanplekke, elkeen met sy eie badkamer, ingeboude braai onder dak en oop kombuisarea met ‘n wasbak en kassie.

  • Aantal gaste: Beperl tot 6 mense per staanplek, met 1 voertuig, ‘n karavaan en/of 2 tente. Daar is ‘n fooi vir ekstra voertuie.

SAFARIKAMP

Ons Safarikamp bestaan uit 4-, 5- en 6-bed Safari-eenhede met grasdakke. Elke eenheid het oopplan area met ‘n kombuisarea. Buite is braaifasiliteite en ‘n klein onderdak stoep. Elke eenheid het ‘n badkamer met stort, wasbak en toilet.

Die Safarikamp het ‘n ontspanningslapa met grootskerm TV en kroeg op aanvraag.

  • Aantal gaste: Die aantal gaste is beperk tot die aantal beddens in ‘n eenheid. Babas mag in ‘n “camping cot” slaap.

Voltooi die vorm hieronder om ‘n besprekingsnavraag te doen: