Bespreek nou vir die 20-23 Maart langnaweek

Die Oog het nog beskikbare akkommodasie vir die langnaweek van 20-23 Maart. Die Vrydag is menseregtedag en dit skep die ideale geleentheid om die gesin ‘n bietjie in die Bosveld te bederf na die harde werk van die afgelope paar weke.

Bespreek vir jou ‘n karavaanstaanplek, chalet, tent-chalet of cabana deur ons Ontvangs te skakel op 014 743 4600. Maak seker jy wag nie te lank nie – binnekort is al die plekke vol bespreek.

This entry was posted in Upcoming events and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.