Die Oog gewild vir troues

Die Oog vakansie-oord is die ideale plek vir daardie spesiale huweliksviering waarvan elke bruid droom. Volledige pakkette is beskikbaar met spyseniering en akkommodasie.

Verlede naweek is ‘n troue gehou by die Tentkamp se Lapa – 62 gaste het ‘n wonderlike tyd ervaar, die kos was fantasties en dit was ‘n reusesukses!

Die meerderheid van die huweliksgaste het oorgeslaap in die tentkamp.  Die huwelikseremonie self het plaasgevind op die dam se eilandjie onder die Gazebo en die foto’s is onder meer by die historiese ruïnes van die Eugene N. Marais-huisie geneem. Die egpaar is daarnatoe vervoer met die wildbesigtigingsvoertuig.

Kontak vir Lorette Goosen vir navrae op 014 743 4600 (druk 1).

This entry was posted in Special offers and tagged , , , , . Bookmark the permalink.