Dis heerlike lente, die winter is verby!

Lente is hier en daar is min dinge so lekker as om nou die buitelug te ervaar in die Bosveld. Met dagtemperature tussen 25 en 31 grade C, is die weer al heerlik by Die Oog. Die nagte koel af tot tussen 12 en 15 grade, so die koue is iets van die verlede.

Die natuur is besig om vere reg te skud vir die groeiseisoen en Die Oog se fasiliteite staan gereed om gaste te ontvang. Ons verskeidenheid van akkommodasie-opsies sluit in verskillende tipes selfsorgeenhede, cabanas, grasdakeenhede en safari-eenhede, asook karavaan- en kampeerstaanplekke met private of gedeelde ablusies.

Skakel 014 743 4600 om jou plek te bespreek vir ‘n lekker naweek-wegbreek, waar jy en jou gesin na ‘n heerlike dag van swem en baljaar, ‘n rustige aand om die kampvuur kan geniet.

This entry was posted in Upcoming events. Bookmark the permalink.