Her-opening van die Naboom Sakekamer

Dit is vir ons aangenaam om u in kennis te stel van die her-opening van die Naboom Sakekamer op 2 November 2011 wat sal plaasvind by die Lapa van Die Oog Landgoed se tentkamp om 18:00 vir 18:30.

Besprekings kan gedoen word voor Dinsdag, 1 November, by Karin Steytler (082 392 4041) so gou as moontlik om teleurstelling te voorkom.

Kaartjies word te koop aangebied vir die geleentheid teen R125 per persoon – dit sluit in ‘n heerlike 4-gang maaltyd in en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Ons sien uit om saam met u die aand te geniet.

This entry was posted in Past events. Bookmark the permalink.