Kennisgewing: Elektrisiteit en water

Geagte gaste, vakansiegangers en inwoners

Ons vra asb. u geduld en samewerking met die moeilike omstandighede wat ons tans beleef.

  1. Die elektrisiteitstoevoer van die Munisipaliteit af is besonder wisselvallig. Dit is ongelukkig buite ons beheer. Ons het reeds die probleem onder hulle aandag gebring en ons hoop hulle kan dringend iets daaraan doen.
  1. Die watervlakke is baie laag in ons reservoirs as gevolg van die elektrisiteitsonderbrekings wat veroorsaak dat ons nie genoeg water kan pomp nie. Die waterdruk is daarom ook by tye baie laag en die swembaddens kom nie vol nie omdat water eers vir huishoudelike gebruik gepomp word.

Ons het reeds die volgende stappe geneem om die probleem te verlig:

  • Die rugsteun kragopwekker by die hoofgebou sal meer gereeld aangeskakel word sodat die fasiliteite daar sover moontlik binne die normale tye beskikbaar is en die super tube werk.
  • ‘n Rugsteun-kragopwekker is oppad vir die waterpompe sodat ons meer gereeld kan pomp as die krag af is en kan opvang met die waterbehoefte.

Ons vra dat u waar moontlik water spaarsamig gebruik.

By voorbaat dank

Die Oog bestuur

This entry was posted in Upcoming events. Bookmark the permalink.