Konferensies & groepe

Die Oog vakansie-oord is die ideale plek vir konferensies, groepfunksies en huweliksonthale. Die beskikbaarheid van genoeg akkommodasie, ‘n verskeidenheid van fasiliteite en ‘n pragtige ligging maak dit die ideale bestemming vir jou wegbreek of droomdag.

KONFERENSIE

Die Oog vakansie-oord bied konferensie-fasiliteite vir groepe tot 50 persone.

Akkommodasie is beskikbaar in ons Safari-eenhede – grasdakhuise met seilmure en geboude badkamers en elk ‘n klein ‘n kombuisarea.

Konferensies kan aangebied word in ons grasdaklapa (gedeeltelik toe met mure en gedeeltelik seile) of in die Olienhoutsaal by die hoofgebou. Tafels, stoele, tafeldoeke, water en pepperminte op die tafels is ingesluit in die standaard tariewe. ‘n Digitale projektor en skerm, TV met DVD-masjien en videospeler, blaaibord en oorhoofse projektor is beskikbaar vir die gebruik van konferensiegroepe.

Spyseniering is beskikbaar, asook tee en koffie met versnaperinge tydens pouses. ‘n Smullekker braai of potjiekos kan in die boma aangebied word vir aandete.

HUWELIKSONTHALE

Huweliksonthale vir tot 150 gaste kan by Die Oog aangebied word. Tot 60 gaste kan in die onderdak lapa inpas en vir meer gaste word die Olienhoutsaal by die hoofgebou gebruik.

Tariewe hang af van die keuse van spyskaart. Spysenieringstariewe sluit die gebruik van die fasiliteit, tafels, stoele, wit tafeldoeke, wit papierservette, messegoed, breekgoed, glase en kelners in.

Gaste moet self die blomme, versiering en musiek reël. ‘n Kontantkroeg word aangebied, maar kliënte mag hulle eie sjampanje en wyn bring.

TARIEWE

Tariewe vir groepe en geleenthede is op aanvraag beskikbaar. Kontak Die Oog besprekings by dieoog@dieoog.co.za of 014-743 4600.