Mannekonferensie met Graham Power

Man van Integriteit

Kom geniet die naweek van 31 AUG – 2 SEPT 2012 saam met ons by die jaarlikse mannekonferensie op Die Oog aftree-landgoed.
Kliek asb hier vir die volle naweek progr

am: Voorlopige program

Die hoofspreker is Graham Power, inisieerder van die jaarlikse wêreldwye stadion gebedsgeleenthede (Global Day of Prayer). Vir ‘n kort biografie van Graham kliek asseblief hier: Graham Power Kort Biografie

Vir besprekings en betalings, stuur asb ‘n e-pos na

meltrossouw@mweb.co.za met die volgende inligting:
– Naam & Van – Dorp / Stad
– Telefoonnommer – Epos adres
Kostes vir die naweek beloop R200 per persoon (slegs konferensie & ete kostes) en R75 per persoon vir die wat slegs Saterdagaand se funksie bywoon.

Die Ontwikkelaars borg die konferensie en gee ook 15% afslag op akkommodasie vir konferensiegangers. Daar is heelwat mense in die omgewing wat sorgbehoewend is en nie die koste van verswakte sorg self kan dra nie. Sal jy asseblief oorweeg om die afslag te skenk aan die Gesondheidsorgfonds van Die Oog afree-landgoed? Indien wel kan jy die volle tarief betaal en aandui dat jy die korting wil skenk of alternatiewelik ‘n aparte bedrag skenk met die verwysing : GESONDH.

Om akkommodasie te bespreek gaan asseblief na ons akkommodasie bladsy.

 

This entry was posted in Past events and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.