Sekere fasiliteite nie hierdie naweek beskikbaar nie

Besoekers aan Die Oog moet asb. kennis neem van die volgende reëlings wat genoodsaak is deur die verandering van kontrakteurs wat sekere fasiliteite bedryf op Die Oog:

  • Die kafee, kroeg en wegneemetes gaan gesluit wees vanaf 18h00 Vrydag die 27ste Februarie en die hele dag Saterdag die 28ste Februarie.
  • Die Borrelbaddens en putt-putt sal gesluit wees die hele naweek.
  • Die warmswembad en koue swembad sal beskikbaar wees die hele tyd, asook die bostrok ritte.
  • Die Glybaan sal Vrydag en Saterdag en Sondag gratis wees.
  • Die inwoners se etes Vrydag sal normaal verloop in die eetsaal.
  • Die etes sal Saterdag deur die wegneemetes bedien word in wegneembakke omdat die kombuis oorgeneem en skoongemaak word.
  • Sondag sal die eetsaal, kafee en wegneemetes oopmaak onder die beheer van die nuwe kontrakteur.

Ons vra by voorbaat om verskoning vir enige ongerief wat besoekers mag verduur a.g.v. hierdie omstandighede.

This entry was posted in Upcoming events. Bookmark the permalink.