Vakansievermaak hierdie Oktober

Die Oog vakansie-oord bied ‘n lekker vermaakprogram aan in die Oktober skoolvakansie. Dit sluit ook die Oppi-Oog familiefees in waar die inwoners van Die aftree-oord allerlei aktiwiteite aanbied en saamkuier.

Bring die gesin en kom ontspan saam met ons voor julle die laaste skof vir die jaar aanpak.

Saterdag 3 Oktober

  • 10:00 Musiek/kinderspeletjies
  • 11:00 Nuus/waterpolo
  • 11:30 Howzt
  • 14:00 Boeresport (rugbyveld)
  • 16:00 Raakrugby (rugbyveld)
  • 19:00 Bring en braai met sanger (Safari-lapa)

Sondag 4 Oktober

  • 10:00 Musiek/skattejag
  • 11:00 Musiekversoeke
  • 14:00 Putt-putt
  • 17:00 Parkiekrieket (rugbyveld)
  • 20:00 Filmvertoning (Olienhoutsaal)

Maandag 5 Oktober

  • 10:00 Musiek/kinderspeletjies
  • 11:00 Nuus/afkondigings
  • 11:30 Howzt
  • 13:00 Stokbroodbraai (warmswembad?)
  • 14:00 Vlugbal – Volwassenes kompetisie (rugbyveld)
  • 19:00 Veerpyltjiekompetisie (stoep)

Dinsdag 6 Oktober

  • 10:00 Musiek/waterpolo – kinders
  • 11:00 Nuus/afkondigings
  • 11:30 Howzt
  • 13:00 Skaak
  • 14:00 Vlugbal – gesinne van 4
  • 19:00 Kareoke (Olienhoutsaal)

Woensdag 7 Oktober

  • 10:00 Musiek/vliegtuigvou
  • 11:00 Nuus/afkondigings
  • 11:30 Howzt
  • 13:00 Frizbee-golf (rugbyveld)
  • 14:00 Vlugbal (rugbyveld)
  • 16:00 Raakrugby (rugbyveld)
  • 20:00 Filmvertoning (Olienhoutsaal)

Donderdag 8 Oktober (OPPI-OOG FAMILIEFEES BEGIN)

  • 06:00 Stalletjies word opgerig
  • 09:00 Amptelike opening en verwelkoming
  • 09:15 – 16:00 Gas-uitstallers en plaaslike stalletjies
  • 09:15 Spykerslaan, “Chipping Golf”, Voer-die-Nar, Silwerballe, Waterballonne, Aartappelloop (2-6jr/ 6jr+), “Musical chairs”, “Hoola-hoops” (2-6jr/6jr+)
  • 09:00 – 17:00 Kosstalletjies (Pannekoek, Boepensbroodjies, Springmielies, ens.)
  • 11:00 Howzt
  • 15:00 Liedjieraai
  • 16:00 Sokker (rugbyveld)
  • 19:00 Poolkompetisie (stoep)

Vrydag 9 Oktober

  • 10:00 Musiek/kinderspeletjies
  • 10:00 – 13:00 Brakkedag (Njalalapa)
  • 11:00 Nuus/afkondigings
  • 11:30 Howzt
  • 15:00 Vlugbal 2 aan ‘n kant (rugbyveld)
  • 16:00 Raakrugby 7 aan ‘n kant kompetisie (rugbyveld)
  • 17:00 Oog Skouspel (Olienhoutsaal – toegang R10 p.p. by die deur) Konsert met plaaslike talent. Vakansiegangers kan ‘n 5 min item inskryf – doen navraag by Ontvangs.
  • 19:00 Dans in die saal (Olienhoutsaal – ouer garde)

Saterdag 10 Oktober

  • 10:00 Musiek/kinderspeletjies
  • 11:00 Nuus/afkondigings
  • 11:30 Howzt
  • 13:00 Vlugbal (rugbyveld)
  • 15:00 Sokker (rugbyveld)
  • 19:00 Sokkie (Olienhoutsaal – jongklomp)

Sondag 11 Oktober

  • 10:45 Lofdans (Olienhoutsaal)
  • 11:00 Koorsang (Olienhoutsaal)
  • 11:10 Interkerkdiens (Olienhoutsaal)
This entry was posted in Upcoming events. Bookmark the permalink.