Voorsmakie van die vakansieprogram – Manuel Escorcio

Die Oog is bekend vir sy gesinsvermaak en vakansieprogramme wat groot pret is vir oud en jonk. Hierdie jaar is geen uitsondering nie. Tussen speletjies en vermaak, kompetisies en gaskunstenaars en sommer ‘n bietjie gesonde oefening tussendeur, kan jy verseker wees van ‘n genotvolle vakansie in die Waterberg Bosveld hierdie Desember.

Onthou ook om nou al te bespreek vir ons wonderlike Kersete wat oudergewoonte ‘n wenner gaan wees. Die plek is beperk, so skakel nou om teleurstelling te voorkom – 014 743 4600.

Hier is ‘n voorsmakie van wat jy te wagte kan wees. Die volledige program word binnekort gepubliseer.

Saterdag 14 Desember 2013

  • 07:30 Wie draf saam?
  • 09:00 tot 15:00 Klub Vlytige Voete Kersmark (Warmswembad)
  • 10:00 Kinderkuns (Warmswembad)
  • 11:00 Nuus en Weertak (Warmswembad)
  • 11:30 Howz’t (Warmswembad)
  • 13:00 Vlugbal (Vlugbalbaan)
  •  15:00 Putt-Putt Kompetisie (Putt-Putt Bane)
  • 19:00 Gaskunstenaar: Manual Escorcio – R50 pp (Olienhoutsaal)
This entry was posted in Upcoming events and tagged , , , . Bookmark the permalink.